Video
TUINROETE NUUS EN VIDEO - Die omvang van die huidige brande aan die Tuinroete word groter geag as die brande wat verlede jaar in Knysna voorgekom het, het Helen Zille, die Wes-Kaapse premier, vroeër vandag gesê.
Zille het die gebied besoek en onder meer 'n besoek gebring aan die Gesamentlike Beheersentrum van die Garden Route-distriksmunisipaliteit en die ou Tolhuis aan die voet van die Outeniquaberge wat grotendeels verwoes is.
Verskeie burgemeesters en senior munisipale amptenare van omliggende dorpe was ook teenwoordig.
Volgens Zille is 22 000 ha plantegroei verlede jaar in die Knysna-gebied verwoes terwyl daar nou reeds 91 000 ha verwoes is. "Dis 'n groter ramp as Knysna as die geografiese gebied in aanmerking geneem word. Dit is vier keer groter oor 'n geografiese afstand," het Zille gesê.
Sy het haar meegevoel uitgespreek teenoor die naasbestaandes wat geliefdes in die brand verloor het.
Kyk video's hieronder.
Lees meer op ons susterskoerant, George Herald.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'