TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
Tabakrolletjie (ta-bak-rol-le-tjie) s.nw., tabakrolletjies. Gewone slakvreter, Duberria lutrix (fam. Lamprophiidae), met ’n bruinerige of rooibruin bokant en gryserige of roomkleurige pens, wat hom ter beskerming in ’n stewige rolletjie kan oprol, en wat wydverspreid in Suider- en O.Afrika voorkom; sin. rooislang (minder gebruiklik): ’n Flink slakvanger is die rooislang of tabakrolletjie, Duberria lutrix (Burg., 7 Sept. 1996, Woonb., 4). Die slakvreter sal selde probeer byt en verkies gewoonlik om hom styf op te krul met die kop verberg en dan lyk dit baie soos 'n rol tabak, vandaar die naam “tabakrolletjie” (J. Moodie, vert.: Slange S.A., 2004, 253).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’