Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Kommer bestaan oor die toepassing van sosiale afstand tydens die gebruik van Go George-busse. 'n Leser het 'n video onder die aandag van George Herald gebring waarin duidelik gesien kan word dat daar nie die vereiste sosiale afstand tussen passasiers is nie.
Hulle dra wel gesigsmaskers. Minstens een politieke party, die PBI vra dat ingegryp word in die situasie.
James Robb, Go George-bestuurder, het by navraag gesê die instansie is bewus van bekommernis oor die handhawing van sosiale afstand op die busse. Busbestuurders word dikwels verkeerdelik beskuldig dat hulle busse oorlaai. Volgens hom is die video 'n voorbeeld van passasiers wat nie die huidige kapasiteitsreëlings verstaan nie.
Hy het passasiers gerusgestel dat Go George hou by die nasionale instruksie om slegs 50% van die busse se gelisensieerde kapasiteit te dra.
Die standaard- en midibusse verskil effens in grootte en is gelisensieer om gemiddeld 40 sittende en 40 staande passasiers te dra, wat neerkom op 80 passasiers op volle kapasiteit. Wanneer die 40 sitplekke geneem is, het die bus dus 50% van sy gelisensieerde kapasiteit bereik. (Minibusse mag 70% van kapasiteit dra, wat op 10 passasiers neerkom.)
Hy het gesê tydens vlak 5, toe slegs noodsaaklike werkers moes reis om te gaan werk, kon hulle die ekstra myl loop en het besluit om slegs 25% van kapasiteit te dra. Dit het beteken 'n sitplek kon oopgehou word tussen passasiers.
"Nou, op vlak 3, met openbare vervoer steeds beperk, vervoer ons baie meer passasiers. Daar is geen manier waarop ons dit sal kan doen as ons ons kapasiteit onder die opdrag van 50% verlaag nie.
"Die risiko vir die busbestuurders is ook 'n ernstige bekommernis, wat hanteer word deur die implementering van drie daaglikse skofte om hul gesondheid te beskerm. Roterende kleiner groepe in korter skofte is 'n manier om hul blootstelling aan die virus te beperk.
"Volhoubare diens aan passasiers hang trouens af van die gesondheid en beskikbaarheid van bestuurders. Terwyl toevoeging van meer busse tot die diens die risiko vir die span busbestuurders verhoog en nie sonder deeglike oorweging gedoen sal word nie, word die moontlikheid nie uitgeskakel nie en monitor ons deurlopend behoefte en kapasiteit om die nodige aanpassings te maak om die bes moontlike diens aan ons passasiers te lewer.
"Ons doen egter 'n beroep op alle passasiers wat hul busritte buite spitstyd kan onderneem, om dit te doen. Werkgewers kan ook 'n groot verskil maak as hulle personeel se skofte kan stapel en hul ritte werk toe sodoende kan versprei deur die dag wanneer die busse nie so vol is nie en sosiale afstand op die busse moontlik is.
Dit bly die veiligste om alternatiewe reëlings te tref en nie openbare vervoer te gebruik nie, maar diegene wat die bus móét gebruik - veral gedurende spitstyd wanneer die sitplekke almal beset word - moet groot sorg neem deur maskers te dra, hul hande te ontsmet wanneer hulle die bus binnegaan en hande te was nadat hulle op 'n bus gery het."
Virgill Gericke, stadsraadslid van die PBI, het in 'n skrywe aan onder meer Leon van Wyk, die burgemeester en Trevor Botha, die munisipale bestuurder, sy besorgdheid oor die situasie uitgespreek.
Kyk 'n video hieronder:
Deel van Virgill Gericke se brief:
Social distancing on Go George buses
I am currently inundated with calls from the community regarding above issue. They claim that passengers are seated next to each other as normal and no space is allowed between passengers. I have noted a Facebook post from Go George, stating that they have taken away the amount of passengers standing and are in this way making provision for social distancing.
Please note that our country is governed by Rules and Regulations. Also note that George is not exempted from the rule of law.
Currently the lockdown Regulations make provision for 1,5m social distancing. Effectively passengers should have space of 1,5m apart from one another. This is to make provision to avoid physical contact with other passengers.
In terms of the letter by Go George, on their own admission, this is not done. It is now a fact that there is a spike in the amount of Corona infections in George. On a daily basis the figures increase. This is happening mainly in vulnerable communities that are in need of public transport.
It has become a huge worrying factor when a government, in this instance the local authorities, ignore the call to adhere to laws and regulations. As a government you have a responsibility to protect your citizens. If this is the trend, you are not protecting, but rather perpetuating the crisis by not adhering to national Regulations.
The passenger community will suffer grossly when the number of infections continue to grow. We are all currently in a crisis period and may not operate as normal.
Therefore, special arrangements or back up plans have to be in place. I am tempted to believe that you government do not have proper plans in place to manage the crisis on buses. The statement of Go George confirms this when they state that there are not enough buses to transport passengers.
If this is the case, you should consider to call in reinforcement in order to assist in this time of crisis. If this means to call on the taxi industry to assist, it's got to be done. The situation is too dire to deal with the crisis in a normal way.
If your government continues to ignore the call of national government and the people, you may be criminally charged in terms of the lockdown Regulations. As a government, you cannot be seen to contribute towards the spike in infections, due to non-compliance. The same situation has arisen at our local beaches over the weekend. People were just flocking to the beaches without control or consequences.
I am, through this letter, respectfully asking your urgent intervention in this critical matter. This will include the deployment of traffic officials to investigate the authenticity of these complaints on the buses.
To implement all measures to adhere to the lockdown Regulations. Address sanitisation on buses. For buses to be on time to transport passengers to work and back to ensure the 1,5m social distancing is adhered to.
James Robb, bestuurder van Go George.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'