TUINROETE | KAROO NUUS - Hoër Landbouskool Oakdale spog vanjaar met nie minder as vier leerders wat ingesluit is in die SA o. 18 Hoë Prestasiegroep.
Paul de Villiers, Dian Heunis, Niel le Roux en Phillip Kleynhans, wat almal vir die eerste rugbyspan uitdraf, het die eer te beurt geval.
Die vier spelers, wat ook ingesluit is in die SWD o. 18 Cravenweekspan, is deel van die groep van 35 rugbyspelers wat op Saterdag 31 Julie vertrek op 'n toer na Georgia.
Die span, saamgestel uit spelers van oor die land is deur SA Rugby geïdentifiseer as deel van die SA Rugby se Hoë Prestasieprogram. Gedurende hul toer in Georgia sal die spelers die geleentheid gegun word om hul vaardighede in drie wedstryde ten toon te stel.
Niel le Roux in aksie met sy skopskoen.
Dit dien dan ook as die ideale platvorm vir hulle om die volgende stap in hul rugbyloopbaan te neem.
Dian Heunis (links) en Paul de Villiers.
Philip Kleynhans
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'