PLETTENBERGBAAI NUUS - Helpende Hand neem die inisiatief om alle NRO's, maatskaplike organisasies, kerke, sielkundiges, terapeute, lewensafrigters en belangstellendes in die veld uit te nooi na hulle spesiale Spoed Netwerk-geleentheid in Plettenbergbaai.
Die geleentheid vind op Woensdag 15 Februarie by Piesang Valley-gemeenskapsaal plaas.
Tydens die Spoed Netwerk-geleentheid kry elke persoon, instansie of besigheid die geleentheid om sy/haar besigheid in vyf minute te deel met 'n ander netwerkvennoot.
Hierdeur beplan Helpende Hand om netwerkgeleenthede met ander vennote te bou, maar kry ook kennis van ander organisasies en individue wat in dieselfde veld werk.
Die spreker vir die dag is dr. Shanie Boshoff van Gropotential. Sy het grondige kennis in die maatskaplike veld en ondervinding in die waarde van netwerkuitbreiding om ons gemeenskappe te ontwikkel.
Koop jou kaartjie by Quicket. Slegs 'n beperkte aantal kaartjies is beskikbaar, so spring dus vinnig.
'Ons bring jou die nuutste Plettenbergbaai, Tuinroete nuus'