MOSSELBAAI NUUS - Caritas Care Mossel Bay, 'n nie-winsgewende organisasie wat spesialiseer in pastorale narratiewe terapie, het hierdie jaar ‘n groot groep eerstejaarstudente ingeneem vir die kursus in pastorale narratiewe terapie.
Hierdie groep sluit studente van sover as Brenton on Sea en George in.
"As jy ‘n passie het vir mense, is jy die regte persoon om hierdie kursus te doen. Belangstellendes uit enige gemeenskap of denominasie kan inskryf vir hierdie kursus. Die oogmerk is om mense op te lei wat hulp kan aanbied vir hulle medemens en ‘n verskil kan maak in hulle gemeenskap," verduidelik Barbara Muller van Caritas.
Pastorale narratiewe terapie is ‘n respekvolle benadering wat niemand veroordeel nie. Modules wat deel uitmaak van die kursus is trauma, verhoudingsterapie, tieners en ouerskap, molestering, substansafhanklikheid, depressie en nog vele meer.
Hierdie gevorderde sertifikaatkursus word geakkrediteer deur die Universiteit van Pretoria.
Read more on sister publication, Mossel Bay Advertiser
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'