KNYSNA NUUS - Solidariteit Helpende Hand se Suid-Kaap streekspersoneel het Woensdag, 24 Januarie, ’n skenking by Loeriehof Tehuis van 18 bane kantgordyne oorhandig.
"Die Wes-Kaap gee graag terug aan ons gemeenskappe wat ons gedurende die jaar ondersteun.
"Die streek het besluit om BADISA se Loeriehof Tehuis te nader en vas te stel wat hulle huidige behoeftes is," sê Marlise Labuschagne, Wes-Kaap Assistent Streekorganiseerder.
"Daar is besluit om vir nege kamers elk nuwe kantgordyne te skenk. Die kamers is deel van die versorgingsafdeling. Dit is dubbelkamers en daarom twee gordyne vir elke kamer.
"Die son bak die gordyne stukkend wat daartoe lei dat die inwoners geen beskerming teen die son het nie. Met die skenking behoort die inwoners verligting te ervaar wat hul lewens vergemaklik."
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’