Video
SUID-KAAP NUUS & VIDEO - Redakteurs van koerante moet op hoogte bly van sake, soos wat in die land en in hul streek of stad/dorpe gebeur.
Om hierdie rede bied Caxton, waarvan Group Editors Co Pty Ltd en al sy koerante (George Herald, Mosselbaai Advertiser, Oudtshoorn Courant, Knysna/Plett Herald, Graaff-Reinet Advertiser en Suid-Kaap Forum) deel uitmaak, tweejaarliks ’n konferensie in Johannesburg aan.
Vanjaar se konferensie het vanaf 14 tot 15 Maart plaasgevind en verskeie sprekers, waaronder Mary Pappaya en Solly Moeng het oor die komende verkiesing gepraat, terwyl Helene Eloff die veranderinge in die Perswet bespreek het.
Ander sake van belang was ook hanteer.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'