TUINROETE NUUS - Hoekwil Ope Tuine word op Saterdag en Sondag, 2 en 3 November aangebied wanneer die tuinhekkies van 10 tuine sal oopstaan vir besigtiging deur belangstellendes.
Die tuine sal beide dae oop wees van 09:00 tot 16:00.
Hulle demonstreer biodiverse tuinmaak op sy beste teen 'n agtergrond van berge, mere en see. 'n Rustige pas met gemaklike skoene word aanbeveel.
Besoekers kan ook by vier kwekerye inloer en 'n kunsuitstalling en jenewer- en wynproe geniet. Verversings sal beskikbaar wees. Toegang is R50 per persoon en kinders word gratis toegelaat.
Die geleentheid is ten bate van Alzheimer Suid-Kaap en Seven Passes Initiative.
Toegangsplakkers en 'n roetekaart kan by die ope-tuine-kiosk voor die Hoekwil-
poskantoor in Kerkstraat opgetel word. Volg die Open Gardens-rigtingwysers.
Bel Magda by 073 174 4186 vir meer inligting of besoek Facebook.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'