TUINROETE | KAROO NUUS - Die Jersey kudde van die Hoër Landbouskool Oakdale, onder die bekwame leiding van mnr. Hennie Uys, het onlangs tydens die Logix Elite Suiwelkompetisie uitstekend presteer.
Die Oakdale-kudde was een van slegs twee kuddes in die Suid-Kaap streek wat 'n goue toekenning ontvang het.
Die ander goue toekenning het gegaan aan Immergroen-kudde van die Van Greunen-boerdery buite George.
Die Oakdale melkstal-span is voor, van links: Jan Claassen, Ricardo Pieterse, Teswill Stephanus en Hennie Uys. Agter: Nicky Olckers, Bernette Esau, Johannes Olckers en Frans van Reenen.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'