TUINROETE | KAROO NUUS - Die jaarlikse erkenningsgeleentheid van die Hoër Landbouskool Oakdale is op 13 Oktober in die Riversdal-burgersentrum aangebied.
Dit was 'n spoggeleentheid waartydens leerders se gawes en talente gevier is. Leerders is vereer vir prestasies op akademiese, sport- sowel as kultuurgebied.
'n Totaal van 311 leerders het erkenning ontvang. Drie van die vyf grade se duxleerders kom van George: Ruben Terblanche, Schalk Meintjies en Eben von Below.
Die duxleerder in elke graad is as volg:
- Gr. 8: Ruben Terblanche (gemiddeld 93,21%)
- Gr. 9: Jannes Snyman (gemiddeld 91,29%)
- Gr. 10: Deon Viljoen (gemiddeld 93,5%)
- Gr. 11: Schalk Meintjies (gemiddeld 92,45%)
- Gr.12: Eben von Below (gemiddeld 92,05%)
Die duxleerders is, van links: Ruben Terblanche, Schalk Meintjies, Eben von Below, Jannes Snyman en Deon Viljoen.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'