TUINROETE NUUS - Hierdie naweek is daar net een plek om te wees en dit is by die Garden Route 4x4 Ekspo, Vrydag 1 November tot Sondag, 3 November.
Dit vind op die plaas Bartelsfontein plaas net buite Mosselbaai plaas en die program sluit iets vir oud en jonk, fiks en onfiks, adrenalienverslaafdes of stoelsitters in.
Die aktiwiteite wat aangebied sal word beloof om nog lank in die geheues van Suid-Kapenaars te wees.
Die ekspo open met 'n tradisionele braai en 'n dansvloer wat oop is vir almal en enige ouderdom. Daar sal braaigeriewe wees en genoeg spasie vir die hele familie om lekker piekniek te kan hou. Uitstekende vermaak word aangebied deur die loop van die naweek. Selfs Emo Adams van Maak my Famous gaan saam kom kuier gedurendie die naweek. "Kom geniet 'n heerlike aandjie, met lekker musiek en baie goeie geselskap en vermaak vir die hele gesin."
Daar sal 'n ook groot verskeidenheid stalletjies beskikbaar wees, 'n speelpark vir die kleintjies en 'n biertent vir almal ouer as 18 sal ook beskikbaar wees.
Ander aktiwiteite gedurende die naweek sluit in 'n kinderspeelpark, gesigverf, begeleide vierwielfietstoere, helikoptervlugte, kameelritte en baie meer.
Toelatingsgelde per dag is R40 vir volwasenes en R20 vir pensioenarisse. Kinders onder 12 jaar en pensioenarisse ouer as 65 jaar is gratis. Vir enige navrae, kontak Kallie (082 335 8231) of Petra (082 497 7856) of stuur 'n e-pos aan karlsachse@telkomsa.net
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'