KNYSNA NUUS - Knysna Sekondêr het hierdie jaar geskitter met hul teenwoordigheid by die Sanlam WoW Kringkompetisie .
Die Sanlam WoW Spelfees het ten doel om leerders se taalkennis en Afrikaanse woordeskat uit te brei, asook effektiewe taalgebruik aan te moedig. Die spelfees strewe daarna om prestasie by leerders te versterk en uitnemende leerders te identifiseer.
Sodoende sal leerders hul taalvaardigheid met groter entoesiasme verbeter en uiteindelik ook hul akademiese prestasie op skool.
Hierdie jaar het Knysna Sekondêr as gasheer die Sanlam WoW Kringkompetisie gehuisves. Tydens hierdie kompetisie was die Kring se vyf beste spellers in elke graad geïdentifiseer. Hierdie finaliste sal dan op Saterdag 1 September deelneem aan die distrikkompetisie in George.
Knysna Sekondêr het hierdie jaar agt finaliste opgelewer.
Uit die graad 8-leerders het Ashmé Williams 'n goue medalje verower, en Babalwa Mpumela 'n silwer medalje. Onder die top graad 9-leerders het Knysna Sekondêr se Vuyolwethu Nguma 'n silwer medalje verower, met Alizwa Rexe wat die vierde plek verower het. In die graad 10-groep het die skool se Clamecia Simmers ‘n goue medalje verower, Sharonique Filander het die silwer medalje verower, Querida Reyters die brons, en Ethen Pieters het vierde plek verower.
Graad 8-leerders Ashme Williams (links) en Babalwa Mpumela. Foto's: Verskaf
Knysna Sekondêr se groep WoW Spelfees-presteerders almal saam.
Knysna Sekondêr bedank al die leerders wat deelgeneem het aan die kompetisie. Alle dank ook aan die opvoeders en ouers vir die absolute wonderlike ondersteuning. Die skool is inderdaad tots op hierdie ambassadeurs.
Die Knysna Sekondêr graad 10-groep is van links Sheronique Filander, Querida Reyters, Clamecia Simmers en Ethen Pieters.
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'