TUINROETE NUUS - 'n Nutswaentjie wat kan help om strande skoon te hou, en 'n slim manier om inbrekers met kalmeermiddels te stuit, is van die oulike wetenskapprojekte waarmee leerders vorendag gekom het vir die vyfde Eskom Ekspo vir Jong Wetenskaplikes. Leerders van oor die streek, van gr.6 tot gr.12, het hul vindingryke idees verlede naweek by die Nelson Mandela Universiteit (George-kampus) uitgestal.
Die publiek het Saterdag 4 Augustus die geleentheid gekry om die projekte in die Furntech-sentrum op kampus te besigtig waarna 'n prysuitdeling in die ouditorium plaasgevind het. Verskeie pryse asook spesiale toekennings is deur Eskom en NMU toegeken.
'n Hele groep uitblinkers, waaronder drie gouemedaljewenners, is gekies om die streek te verteenwoordig by die nasionale wetenskapkompetisie wat in Oktober in Johannesburg gaan plaasvind.
Onder die leerders wat deurgedring het na die nasionale kompetisie is Shanté Strydom, Kaydee Jantjies en Inge-Maré Talmaggies van Hoërskool Knysna.
Die groep leerders wat vanjaar aan die ekspo deelgeneem het.
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'