SUID-KAAP NUUS - Die minister van gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi, het in konsultasie met Helpende Hand verlof toegestaan om geaffekteerde gesinne wat nie deur die Ombudsman se verslag of ondersoekproses geken is nie, by die alternatiewe geskilbeslegtingproses (ADR-proses) vir die omstrede Esidimeni-tragedie in te sluit.
Solidariteit Helpende Hand se regsverteenwoordigers sal van die pasiënte wat deur die tragedie geraak is, verteenwoordig en lig werp op die gesinne wat nie ingesluit is nie.
Dit volg op die departement van gesondheid se omstrede besluit om pasiënte wat in Life Esidimeni se sorg was, oor te plaas na nie-regeringsorganisasies en die resulterende sterftes wat daarop gevolg het, sowel as die impak wat dit op ander pasiënte en NGO’s gehad het.
Die datum van die ADR-proses is vasgestel vir 2 tot 20 Oktober 2017.
Om seker te maak dat al die families van die afgestorwe pasiënte van die proses bewus is, het Helpende Hand besluit om 'n perskonferensie te hou om die publiek daarvan bewus te maak, asook die sperdatum van 25 Augustus.
Kriteria vir aansoeke sluit in:
- pasiënte wat verskuif is, maar gesterf het;
- pasiënte wat verskuif is, maar oorleef het;
- families van pasiënte.
Vir meer inligting kontak Helpende Hand by 012 644 4390 of stuur ’n e-pos na isabel@helpendehand.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'