TUINROETE NUUS - Groot opwinding het onlangs in Oudtshoorn geheers toe die jaarlikse Garden Route Golden Oldies in Oudtshoorn begin het.
Deelnemers, wat almal 60 jaar en ouer is, is van oor die hele Suid-Kaap en sluit Ladismith, De Rust, Dysselsdorp, Bitou, Hessequa, George, Mosselbaai en Knysna in.
Die spele is in 2005 deur die departement van sosiale ontwikkeling begin met die doel om ouer persone te help om aktief te bly in hul goue jare.
Die departement van sport- en kultuursake het die spele die jaar in samewerking met die Wes-Kaapse forum vir ouer persone op die De Jagers-portterrein aangebied.
Voor die deelnemers aan die items kon deelneem het Katie Scheepers (65) en haar trompoppies oudergewoonte die toeskouers met hul flinke stappies vermaak.
Scheepers sê sy is al 12 jaar deel van die Swartberg ACVV trompoppiespan en geniet elke oomblik daarvan.
Groot opwinding het onlangs in Oudtshoorn geheers toe die jaarlikse Garden Route Golden Oldies in Oudtshoorn begin het.
Golden Oldies, wat almal 60 jaar en ouer is, van oor die hele Suid-Kaap, insluitend Knysna, het onlangs te midde van groot prettigheid en vermaak deelgeneem aan 'n sportdag in Oudtshoorn wat aangebied is om ouer persone te help om aktief te bly in hul goue jare. Foto's: Liezl van Niekerk
Die items waaraan die bejaardes deelgeneem het sluit onder meer jukskei, 100m, 500m, aflositems, die eendstap en "dress-up" in.
In Oktobermaand vind die nasionale kampioenskap in die Vrystaat plaas.
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'