TUINROETE NUUS - DurbiesCare is ‘n omgeegroepie van Durbanville Voorbereidingskool. Die onderwysers, ouers en kinders reik uit waar hulle kan om ‘n helpende hand uit te steek in tye van nood.
Hulle reik gewoonlik uit in hul nabye omgewing, maar soms is ‘n projek buite hul omgewing na aan hulle harte, soos ook met die Junie 2017 Knysna brande waarby hulle intensief betrokke geraak het.
‘n Berig in die George Herald/ Knysna-Plett Herald van 10 September oor die goeie werk wat The Living Cornerstone (TLC), ‘n nie-winsgewende organisasie in Sedgefield doen vir Alzheimer pasiënte, het hulle oog gevang.
DurbiesCare het nie net toiletware ingesamel vir Badisa in dié omgewing nie, maar ook uitgereik na TLC. DurbiesCare bedank hierdie organisasies vir die onbaatsugtige werk wat hulle doen vir ander in nood.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'