TUINROETE | KAROO NUUS - Die groot terugkeer het in alle erns begin.Talle besoekers en vakansiegangers aan die Tuinroete was vanoggend vroeg uit die vere om die lang pad noorde toe aan te durf waar hulle woon.
Na verwagting sal die verkeersdruk kwaai toeneem in die volgende paar dae.Baie mense begin Maandag 8 Januarie weer te werk na die somervakansie.
Die skole heropen egter eers op 17 Januarie en dis moontlik dat mense nog aanstaande week sal uitspan.
In George,waar dit vanoggend 4 Januarie mistig is,is talle GP registrasie motors vanoggend vroeg in Knysnaweg opgemerk soos hulle koers gekies het na die Outeniquapas.
Padgebruikers word gemaan om te alle tye versigtig en geduldig te bestuur.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’