TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
slonsstoel (slons-stoel) s.nw., slonsstoele. (minder gebruiklik)
Poef — Oorgetrekte kussingagtige voorwerp van wisselende grootte wat as rusplek vir die voete of as sitplek gebruik word: 'n Slonsstoel … is een van daardie groot, slap sakaffêres wat plek maak vir die bulte en holtes van mense wat hulle daarop neervlei (Burg., 8 Sept. 1978, 6).
Twee slonsstoele waarin hulle (die avonturiers) op die kap (van hul viertrekvoertuig) kan ontspan, is onder die luukses (Burg., 5 Jul. 1997, 5).

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’