NASIONALE NUUS - Die Nasionale Verbruikerskommissie en RCL Foods het Vrydag 21 November verskeie droë honde- en katkosprodukte van die mark onttrek nadat buitengewone hoë vlakke van ’n natuurlike gifstof in sekere pakke troeteldierkos gevind is.
Die geaffekteerde kos sluit in Bobtail, Catmor, Canine Cuisine, Optimizer, Ultra Pet en Superwoof. Ongeveer 55, 352 sakke kos is onttrek.
Met ondersoek is gevind dat die troeteldierkos wat in die tyd gleuwe val ‘n bonatuurlike inhoud van deoksinivalenol (DON) ’n mikotoksien bevat. DON kom natuurlik voor in mielies en grane, maar moet voldoen aan die korrekte hoeveelheid in troeteldierkos. Te veel van die stof kan lei tot verlies aan eetlus en spysverteringsprobleme en word troeteldiereienaars gemaan om nie kos wat op die datums vervaardig is aan hul diere te gee nie.
Wat is mitotoksien
Mitotoksien is ’n natuurlike gifstof wat deur swamme onder sekere groeitoestande in graan voorkom. Dit kom wêreldwyd voor en veral in troeteldierkos wat met mielies vervaardig word.
Troeteldierkos wat geraak word
- Bobtail wat op 28 en 29 Mei 2025 vervaardig is.
- Adult Medium/Large Dry Chicken 8kg. Barcode: 6001069036010
- Adult Medium/Large Dry Steak 8kg. Barcode: 6001069036034
- Adult Medium/Large Dry Steak 25kg. Barcode: 6001069036072
2. Catmor wat op 27, 28, 29 Mei en 5 Junie 2025 vervaardig is.
- 2:1 Kitten Milky Balls 1.5kg. Barcode: 600106904103
- Adult Dry Chicken 10kg. Barcode: 6001069605384
- Adult Dry Liver 1.75kg. Barcode: 6001069034429
- Adult Dry Salmon 1.75kg. Barcode: 6001069034412
- Adult Dry Tuna 1.75kg. Barcode: 6001069634412
- Adult Dry Tuna 4kg. Barcode: 6001069636319
3. Canine Cuisine wat op 4 Junie vervaardig is.
- Small adult chicken & rice 1.75kg. Barcode: 6001069601164
- Small adult Chicken & rice 6kg. Barcode: 6001069602093
4. Optimizer wat op 17 Junie 2025 vervaardig is.
- Premium Adult Chicken & Rice 8kg. Barcode: 6001069603915
5. Ultra Pet wat op 26, 28 en 29 Junie vervaardig is.
- Optiwoof Adult Beef and Rice 25kg. Barcode: 6001069605681
- Optiwoof All Puppy All Breeds 20kg. Barcode: 6001069601973
- Superwoof Large Dog Dry Beef & Rice 8kg. Barcode: 6001069601485
- Superwoof Small Dog Dry Turkey 3kg. Barcode: 6001069603595
- Superwoof Large Dog Dry Turkey & Rice 8kg. Barcode: 6001069601539
- Superwoof Large Dog Dry Turkey & Rice 20kg. Barcode: 6001069601546.
Kontakbesonderhede
Indien daar enige onsekerheid is kan verbruikers die volgende nommers kontak: Tolvry nommer: 0860 103 764 of per WhatsApp by 087 359 0476 of per e-pos na RCLConsumerCare@rclfoods.com
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’