Hy het in hierdie tydperk vasgestel dat daar ‘n besliste behoefte is aan ‘n wye verskeidenheid kwaliteit rubberprodukte.
Die onderneming vervaardig en verskaf wêreldklas rubber- en PVC-profiele vir bakkiekappe, alle voertuie, waentjies, trokke, busse, bote, skepe, vraghouers en geboue. Solar Magic-swembadverhittingspanele en volledige doen-dit-self-stelle word ook verskaf.
'n Wye reeks windskermprofiele, soliede rubberprofiele, sponsprofiele en PVC-afwerkings is ook deel van die voorraadreeks.
Motor- en bakkierubbers asook industriële seëls is ook die onderneming se spesialiteit.
Rubber vloerbedekking, vinielpasteëls asook stalmatte vir melkerye, perdestalle en sleepwaens
(horse boxes) is deel van die reeks vir die landboubedryf.
Die onderneming is ook verskaffers van volledige reekse industriële en brandstofpype.
ProAuto Rubber het sy eie fabriek in Babalegi, noord van Pretoria, wat profiele vervaardig en beskik oor sy eie invoer-maatskappy wat spesifieke rubberprodukte invoer.
Die onderneming is in Fabriekstraat 4, George Industria geleë en kan by telefoon 044 874 0817 of 082 376 2047 geskakel word.
.jpg)
Charles Muller tussen sy wye verskeidenheid rubberprodukte.