Advertorial
SAKE-NUUS - Om vaste eiendom te besit, is die begin van welvaartskepping en sekuriteit. Dit is daarom ook belangrik om in 'n eiendomstransaksie die regte prokureur te hê omdat dit 'n enorme verskil kan maak aan die dikwels duur en potensieel komplekse proses om die eiendom in jou naam te registreer.
Rauch Gertenbach Prokureurs het onlangs hulle 100ste bestaansjaar gevier en het 'n reputasie van integriteit, professionaliteit en goeie diens.
Die aktebesorgers by Rauch Gertenbach Prokureurs bestaan uit 'n span van minstens 14 aktekenners wat opgelei is om die proses so spoedig moontlik te hanteer.
'n Akte is 'n dokumentêre bewys van eienaarskap ingevolge die Registrasie van Akteswet 47 van 1937. Elke eiendom het sy eie aparte titelakte. Dit is 'n belangrike dokument wat al die besonderhede rakende 'n spesifieke eiendom bevat.
Die koop en verkoop van vaste eiendom kan soms na 'n oorweldigende en uitdagende proses klink, maar Rauch Gertenbach Prokureurs verstaan nie net die kompleksiteit van die transaksies nie, maar weet ook dat elke geval uniek is en dat elke kliënt se verwagting ook van 'n ander een s'n verskil.
Die hoofbestuurder van Rauch Gertenbach Prokureurs, Basson Piek sê dié bekwame span sluit vier prokureurs in. "Een spesialiseer in George en die ander drie fokus op ons kantore in Mosselbaai, Hartenbos en Danabaai. Ons werknemers wat die prokureurs ondersteun, het meer as 30 jaar diens.
"Wat hulle al vergeet het van aktes moet die meeste van ons nog leer."
Bekwame hande
Dit is daarom duidelik dat kliënte van Rauch Gertenbach Prokureurs se akte-afdeling in bekwame hande is. Piek sê hulle fokus en ingesteldheid is op vinnige en flinke diens en om die proses so gou en deeglik as moontlik af te handel.
Hy sê: "Daar is altyd 'n mate van verwagting en angs by die koper en die verkoper om die transaksie, wat baie keer die grootste transaksie van hulle lewens is, spoedig en sonder probleme af te handel. By Rauch Gertenbach Prokureurs het ons 'n diepe verbintenis om aan beide partye se verwagtinge te voldoen."
Boonop het Rauch Gertenbach volgens Basson Piek 'n goeie samewerkende en langdurige verhouding met die eiendomsagente.
"Dit is nie net die gemeenskap waarop ons fokus nie maar ook op die eiendomsagente. Dit kom weer eens terug na ons klem op integriteit en ons reputasie wat oor baie jare opgebou is."
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'