Die inskrywings wat ingestroom het, het hulle genoop om veranderinge aan die wenplekke aan te bring en meer pryse uit te deel as wat aanvanklik op besluit is.
Saterdagoggend was die groot geleentheid toe deelnemers, ouers, grootouers en ander gesinsvriende by die apteek saamgetrek het om te sien hoe die pragtige babas hul pryse ontvang.
Volgens die organiseerders was die beoordeling geen maklike taak nie. Die babas en kleuters is elkeen so kosbaar en uniek in hulle eie reg, maar daar moes op pynlike wyse 'n keuse gemaak word.
Me. Hannetjie Schutte, eienaar van die apteek, was hoogs in haar noppies met die sukses van die kompetisie en geesdrif onder die ouers en belangstellendes.
"Ons sien nou uit na die volgende kompetisie en glo dat dit nog groter sal wees as hierdie eerste probeerslag. Ek wil ook die deelnemers en hul ouers bedank vir hul deelname en die aangename gees waarin die kompetisie afgehandel is," het sy gesê.
Pharma Warehouse is 'n volledige apteek wat 'n wye verskeidenheid van dienste aan veral Heatherpark, Heatherlands, Blanco asook ander dele van George lewer.
Die onderneming bied, behalwe die rakke vol gesondheidsprodukte, ook gesinsbeplanning (privaat en staat), immunisasie, bloeddruktoetse, cholestroltoetse, suikertoetse, brorsvoeding-advies, dieet-advies en tuisversorging-konsultasies aan.
ID- en paspoortfoto's word ook geneem en daar is 'n wye verskeidenheid van glasware, handsakke en geskenke beskikbaar.
Daar is ook geskenkbewyse by die apteek beskikbaar om die takie van geskenke kies, te vergemaklik.
Die apteek is van Maandag tot Vrydag tussen 08:00 en 19:00, Saterdag tussen 08:00 en 14:00, Sondae tussen 09:00 en 13:00 en vakansiedae tussen 09:00 en 14:00 oop vir sake.
Meer inligting kan bekom word deur 044 870 7181 te skakel.
_jpg (Small).jpg)
_jpg (Small).jpg)
Nog foto's hier: http://www.georgeherald.com/gallery.aspx?gpid=220&gid=5