Advertorial
SAKENUUS - Jannie Barnard het Garden Route Tractors in Februarie 2021 oorgeneem en het nie gras onder sy voete laat groei nie - in April vanjaar het hy die Mahindra-trekkeragentskap vir die Suid-Kaap, Klein-Karoo en Groot-Karoo bekom.
Onder die bekwame leiding van die algemene bestuurder, Chubasco Peterson, bedien die onderneming die gebied van Plettenbergbaai tot Heidelberg, noordwaarts tot in Beaufort-Wes, en ooswaarts tot in Graaff-Reinet.
Die Mahindra-reeks trekkers, geelmasjiene en laaigraafmasjiene is 'n welkome toevoeging to die Massey Ferguson-masjiene en trekkers op Garden Route Tractors se vloer.
"Mahindra is die nommer 1 trekkermaat-skappy in die wêreld en bied uitstekende waarde vir geld. Dit is 'n betroubare produk met uitstekende waarborge wat vertroue onder ons klante bou," sê Barnard.
Hulle verskaf ook onderdele vir die Mahindra-, Massey Ferguson- en ander handelsmerke, bande, Dixon-batterye asook kragopwekkers. Garden Route Tractors se klipopteller (rock collector) word ook uitverhuur.
Werkswinkel, dienste in die veld
Die werkswinkel word beman deur 'n span kundige werktuigkundiges wat deeglik opgelei is om al die handelsmerke wat Garden Route Tractors verskaf, te diens. Adrian Keelips het 'n honneursgraad in outomeganika. Keagan James het sy werktuigkundige opleiding by John Deere voltooi en het jare se ondervinding as 'n Massey Ferguson-tegnikus agter sy naam.
Herstelwerk en dienste kan ook ter plaatse by die klant gedoen word danksy 'n volledig toegeruste bussie spesifiek vir buitebesoeke.
Barnard sê hulle bied 'n 2 000-uur filterplan waar die klant slegs betaal vir arbeid, olies en reiskoste, en geen vervangingskoste nie.
Garden Route Tractors se naam loop hulle vooruit en hulle het klante ver van George in Johannesburg, Thabazimbi, Grahamstad, Swaziland en Tanzanië.
"Ons vra per uur reiskoste en nie sent per kilometer nie, om kostes vir die klant laer te hou," sê Barnard.
Mahindra-trekkers taai en veelsydig
Mahindra se vier trekkermodelle bied oplossings vir 'n verskeidenheid behoeftes in die landbousektor.
Die 8600-reeks is spesiaal gemaak vir droëlandverbouing, lewende hawe, en die suiwelboerdery se vereistes en die boer kan verseker wees dat hy vir die taaiste taak gebruik kan word.
Die Mahindra Orchard-reeds het sterk, betroubare dieselenjins wat lae brandstof-verbruik, hoë verrigting en 'n ekovriendelike, gemaklike bestuurservaring bied en is spesiaal ontwerp vir vrugteboerderye.
Die Orchard bied 'n hidroliese opteller met 'n hoë kapasiteit.
Die nuwe generasie 6000-reeks trekkers is ontwerp vir 'n verskeidenheid take wat met gemak verrig word, en die 7 500-reeks is ideaal vir grondbewerking, bespuiting, bemesting, aanplanting en saaiwerk, asook vir na-oes- en afvoeraanwendings.
Dit maak nie saak op watter terrein hy beweeg nie, hy verrig die taaiste taak met gemak.
Om in meer spesifieke behoeftes van hul kliënte te voldoen, doen Garden Route
Tractors ook ombouings. "Ons het die agentskap om vurkhysers op trekkers te installeer. Ons is die eerste maatskappy in Suid-Afrika om 'n vurkhyser aan 'n Mahindra-trekker te sit."
Die Mahindra Orchard-reeks het sterk, betroubare dieselenjins en bied lae brandstofverbruik, hoë verrigting en 'n ekovriendelike, gemaklike bestuurservaring.
Waarborg
Die Mahindra-trekkerreeks bied 'n unieke waarborg van drie jaar/3 000 uur, twee jaar/ 2 000 uur-dienspakket (service kit) wat die eienaar se koste aansienlik verlaag ('n eerste in Suid-Afrika), en 'n drie werksdae omdraaityd vir die regmaak van onklaar trekkers. Daar is ook die 72-uur omruilaanbod wat beteken dat as 'n nuwe trekker nie binne 72 uur herstel kan word nie, 'n leentrekker beskikbaar gemaak word.
"Waar dit langer is, verskaf ons 'n tydelike trekker vir gebruik tydens die herstelwerk-tydperk," sê Barnard.
Kontak Jannie Barnard by:
- 044 333 0424 / 067 833 1396 / barnardjanniedewet@gmail.com.
- Adres: Pioneerstraat 27, Pacaltsdorp industriële gebied.
Die Mahindra 8600-reeks is 'n perfekte mengsel van moderne styl en hoëverrigting. Wat ookal die terrein, gee hulle die taaiste taak en ervaar self hoe hulle presteer.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'