SUID-KAAP NUUS - Die George-landbouskou is opgewonde om in 2017, in samewerking met die Wes-Kaap Pluimveeklub, 'n rasegte pluimveeskou aan te bied.
"Dit het 'n behoefte by landbouskoue geword om rasegte diere ten toon te stel en sodoende die standaard van skoue te verhoog," sê Susan Willemse, skoukoördineerder.
Pluimvee sal beoordeel word onder die reëls van Saspo (Suid-Afrikaanse Skoupluimvee-organisasie) en klublede in die Suid-Kaap en omgewing kan uitsien na nog sulke skoue in die toekoms.
"Ons gaan egter ook voorsiening maak vir vertoners wat nie rasegte hoenders het nie, om aan die skou deel te neem. Die skouraad wys geen belangstellende hoender-entoesias weg nie en vertoners kan met vrymoedigheid hul hoenders inskryf," sê Willemse.
Inskrywings sluit Maandag 14 Augustus en inskrywingsvorms is beskikbaar op die webtuiste of by susanw@netactive.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'