ENTERTAINMENT NEWS - Dowwe Dolla se Ouma het eintlik saam met Dolla afgetree einde 2021. Maar nou wil almal weet wie was daai tannie wat so aanstoot kon gee? En toe besluit Ouma sy het NOG ‘n paar dinge om kwyt te raak. So maak seker jy sien haar by die KKNK! (Geen onder 14 - taal!)
Ouma kom van Garies en soos meeste mense van daardie wêreld is sy n formidabele vrou. In die Knersvlakte word jy nie groot met luukshede soos doekies omdraai nie.
Sy het al twee mans begrawe maar haar bure vermoed die laaste een het net ingesluimer.
Maar met die lat haar kleindogter nou in die stad werk, en sy nou en dan moet gaan kuier, kom Ouma agter daar's baie dinge wat sy nie ken nie, en takt is een van hulle.
Die vertonings is op 28 Maart om 10:00; 29 Maart om 13:00; en 30 Maart om 16:30 in die kykNET Hoërskoolsaal in Oudtshoorn by die KKNK. Kaartjies by Webtickets.
Met Margit Meyer-Rödenbeck; teks en regie: Jurgen Human; Coenraad Rall as die “Tokkelaar” op klavier en musikale verwerking.
Margit Meyer-Rödenbeck as Ouma en Coenraad Rall as Die Tokkelaar.