VERMAARK NUUS - Dowwe Dolla se Ouma het eintlik saam met Dolla afgetree einde 2021. Maar nou wil almal weet wie was daai tannie wat so aanstoot kon gee?
En toe besluit Ouma sy het NOG ‘n paar dinge om kwyt te raak.
Margit Meyer-Rödenbeck se Ouma-vertonings in die Tuinroete skop hierdie naweek af in Plettenbergbaai en George, gevolg deur Mosselbaai en Swellendam volgende week.
Besoek George Herald op Instagram en staan 'n kans om kaartjies na die George-vertoning te wen.
Oor Ouma
Ouma kom van Garies en soos meeste mense van daardie wêreld is sy 'n formidabele vrou. In die Knersvlakte word jy nie groot met luukshede soos doekies omdraai nie.
Sy het al twee mans begrawe maar haar bure vermoed die laaste een het net ingesluimer.
Met die dat haar kleindogter nou in die stad werk, en sy nou en dan moet gaan kuier, kom Ouma agter daar is baie dinge wat sy nie ken nie, en takt is een van hulle.
Margit Meyer-Rödenbeck is Ouma, Coenraad Rall speel klavier en die teks, lirieke en regie word deur Jurgen Human behartig.
Rafiek Mammon skryf in Die Burger van 29 Maart met Ouma se opening by die KKNK 2024: "Meyer-Rödenbeck is nou maar eenmaal ‘n staatmaker - op soveel vlakke.
As aktrise stel sy nooit teleur nie; nog minder as komediant. En nog minder as intelligente waarnemer van van die menslike toestand. Meng dit met storievertellery uit die boonste rak, dan is jy mos in komediehemel.
Ek praat nou Tolla van der Merwe en Jan Spies se vernuf as storievertellers.”
'n Lid van die gehoor skryf op 16 Aug na die vertoning: “Margit Meyer-Rödenbeck neem jou op ‘n super humoristiese en verfrissende wyse op reis deur ‘n veranderende wêreld! Jy huil soos jy lag terwyl ernstige waarhede jou lag-lag tref. Uitstekend!”
Margit is by Aardklop genomineer as beste aktrise vir haar rol in Ouma is op pad.
Optredes
Plettenbergbaai
Saterdag 2 Nov, 19:00 (deure maak 17:00 oop), Grand Lookout Beach
Bespreek: www.afterdarkevents.co.za
George
Sondag 3 Nov, 15:00, George Arts Theatre
Bespreek: Computicket
Mosselbaai
Woensdag 6 Nov, 20:00, Stagecoach@ Santos Express
Bespreek: Quicket
Swellendam
Donderdag, 7 Nov, 20:00, Teatro on Ten on Main
Bespreek: 063 114 7303
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’