TUINROETE VERMAAK NUUS - Inwoners van Knysna en omstreke word hartlik uitgenooi om een van die immergewilde Hallelujah! konserte van die Carpe Musicam! Koor & Orkes van George by te woon. Konsertgangers se moeite sal beloon word met ‘n interessante program, wat ‘n mengsel is van klassieke en kontemporêre items.
Hallelujah! is ‘n musikale vertelling van die gebeure vanaf Paasfees tot en met Pinkster, met items soos Mozart se Ave Verum Corpus, The Holy City en Händel se Halleluja-koor, asook die Hallelujah uit Beethoven se oratorium, Christus op die Olyfberg. MASSive is maar een van die opwindende en aangrypende items van die eietydse komponis Paul Barker, wat in die program ingesluit is.
Lesers kan hulle op Saterdag 26 Mei, 19:00: Dias Museum, Mosselbaai nog sien.
By die aanduitvoering sal verversings vanaf 18:00 te koop aangebied word en ook koffie/tee en kolwyntjies tydens pouse.
Kaartjies teen R100 elk sal by die deur te koop wees. Ouers word aangemoedig om hul skoolgaande kinders saam te bring – gratis!
Die Carpe Musicam! Koor en Orkes. Foto's: Verskaf
Neem asseblief kennis dat alle Carpe Musicam! konserte se wins ten bate van die Carpe Musicam!-musiekopleidingsprogram aangewend word.
Deur die konsert by te woon kan u dus ‘n verskil in iemand se lewe maak, deur te help betaal vir sy/haar musieklesse of musiekinstrument.
U is welkom om Elsabe by 073 857 2952 betyds vooraf te skakel, om u sitplek te verseker.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'