TUINROETE NUUS - Noël-Jean Creille sal Vrydag 5 Oktober, om 13:00 'n orreluitvoering in die NG Kerk, Langstraat op Groot-Brakrivier aanbied.
Creille het doktorsgrade in musiek, kerkgeskiedenis en teologie verwerf en sy studies in orrel, sang, klavier en komposisie aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein begin.
Later het hy meesterklasse by die beroemde orrelis, Marié-Claire Alain, aan die Sorbonne in Parys, Frankryk, voltooi.
Sy doktorale studie en navorsing het gehandel oor die orrelboukunde van die Oostenryker, Arp Schnitger en sy tydgenote.
Hy is in 2004 georden en bedien tans die Anglikaanse gemeente van Port Alfred asook die aartsdekenskap van Albanië. Creille was vir jare die befaamde orrelis van die NG Kerk op Calitzdorp.
Dit is die vyfde agtereenvolgende jaar wat Creille op Groot-Brakrivier gehoor kan word en sal werke van Händel, Bach, Mozart, Guilmant, Dupré, Jan Zwart, William Walton en Boëllmann speel.
Hy speel ook Sondag 7 Oktober tydens die kerk se erediens wat sterk op musiek gerig sal wees.
Vir meer inligting, skakel 044 620 2205 of stuur 'n e-pos aan: ngkgbr@mweb.co.za
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brak Rivier, Tuinroete nuus'