'n AGHS-ondersteuningsgroep (ADHD) is aan die einde van Oktober gestig. Die groep ontmoet nou om 18:00 op die laaste Vrydag van elke maand by die Caritas-sorgsentrum, Ocean View Mall, op die hoek van Bland- en Crookstraat. Die volgende ontmoeting is op 28 November. Bywoning is gratis. Navrae: Maroné Vosloo by 083 884 9398.