KNYSNA NUUS - Op 20 en 21 Julie 2018 het die derde winterligakompetisie van die Eden-hengelassosiasie plaasgevind vanaf Stilbaai tot Knysna.
Stilbaai-hengelklub het daarin geslaag om die beste te vaar op die betrokke dag met 71.95 punte. Die top hengelaar en meester van die dag was Willie Vorster, ook van Stilbaai, met 45.42 punte.
Die top junior van die dag was Kyle Small (o16) van Knysna hengelklub met 5.08 punte.
Die top dame was Stilbaai se Mariette Westraadt met 3.17 punte.
Die grootste eetbare vis, 'n steenbras van 6.46kg, is gevang deur Henrico Lesch van Outeniqua-hengelklub in George, en die swaarste oneetbare vis was 'n sloephaai van 24.64kg wat ingeweeg is deur Dana Verster van Stilbaai.
Die totale massa vis gevang onder 75 hengelaars was 359.87kg – 58 oneetbare en 81 eetbare visse.
Al die vis is lewendig teruggeplaas om bewaring te bevorder.
Alex Smidt van Triton-hengelklub in Mosselbaai
Die posisies van die eerste vyf spanne na afloop van hierdie kompetisie is:
- Stilbaai Stilmonsters 177.38;
- Triton Bronze Whalers 150.57;
- Outeniqua Clutchcables 143.38;
- George Wortels 116.38;
- George Kadette 105.08
Die volgende kompetisie vind plaas op 18 Augustus.
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'