SUID-KAAP NUUS - Die jaarlikse Sportscentre deurnag-visvangderby vind weer op 7 en 8 Desember plaas.
Die formaat van die derby het nou verander en geen vangste sal by prysuitdeling toegelaat word nie. Die derby is juis so aangepas om die vrylating van vangste bevorder.
Groot pryse ter waarde van R50000 kan gewen word en daar is ook 'n gelukstrekking. Vroue en hengelaars o.21 en o.16 kan ook in die pryse deel.
Die hengelkompetisie word op rotse, strand en rivier toegelaat. Bote op die rivier mag ook deelneem en die vanggebiede strek van Stilbaai tot by Nature's Valley.
Kaartjies is R60 per hengelaar en is beskikbaar by Sportscentre, Arms & Tackle, X-Treme Fishing en Tackle Traders op George, J & J Marine Sales en X-Treme Outdoors in Mosselbaai, Fishing Extreme & Outdoor Pro Shop in Voorbaai, Sportscentre en Breezers in Knysna. Die reëls en instruksies is voor- en agterop die kaartjie.
Vir enige navrae bel Jaco by Sportcentre by 044 8734240 of Tersius Baard by 082 965 5904.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'