Eloff se span het die span van Neil Swart Saterdag in hul laaste wedstryd geklop en daarmee die kompetisie onoorwonne afgesluit.
In die vroueafdeling het Olivier, Rida Bester, Elmarie Lategan en Christine van Coller van die Wesbank -tennisklub, die trofee behou hoewel die span Saterdag sy eer-ste nederlaag in die toernooi teen die span van Jill Power van George op die lyf geloop het.
Die span het egter die kompetisie met die meeste potte afgesluit om as wenners uit die stryd te tree.
In die B-afdeling vir mans het die span van Dirkie Potgieter, Louis Uys, Phillip Nel en Pieter Schoeman, ook almal van die Wesbank-tennisklub, as wenners uit die stryd getree na hul oorwinning Saterdag oor die span van Tierie Pieterse.
Alta Scott se span van Mosselbaai het die vroue B-afdeling gebuit.
Die span van Riaan Janse van Vuuren van Beaufort Wes het in die mans C-afdeling koning gekraai.

Rida Bester, Elmarie Lategan, Maryna Olivier (kapt) en Christine van Coller spog met hul trofee.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete | Klein-Karoo nuus'