Video
RUGBYNUUS EN VIDEO - Die SWD Arende het vanmiddag 4 Mei, amper vir 'n opskudding in hul SA Bekerwedstryd teen die Griffons op Outeniquapark gesorg.
Hulle het 36-28 verloor. Met 7 minute speeltyd oor was die Arende nog met net 'n enkele punt agter. In daardie stadium was die telling 29-28.
Die manne van die Vrystaatse Goudvelde moes hard swoeg en met sowat twee minute oor kon hulle eers die oorwinning verseker. Hulle het gaan druk.
Die Arende het tot op die einde probeer en baie na aan die Griffons se doellyn in die doodsnikke gekom. Die Arende het na die beter span in die tweede helfte gelyk. Die reën het veroorsaak dat die veld nat was en die bal glibberig.
Die humeure het by tye opgevlam en kort voor die einde het 'n speler van die Griffons asook van die Arende geelkaarte gekry.
Met hul vertoning in die wedstryd het die Arende vriend en vyand verras.
VIDEO - Eugene Gunning:
Die Arende op die aanval in die tweede helfte. Foto: Eugene Gunning
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’