Davids, wat aanvanklik deur die Sharks genader is om in die nuwe seisoen by hul rugbyakademie betrokke te raak, het ‘n 3-jaar kontrak met die SWD gesluit.
Hy het die afgelope ses maande as direkteur van afrigting by die Arende waargeneem en die span vanjaar van die onderpunt van die puntelys tot na die eindstryd in die Curriebeker se Eersteliga gelei.