TUINROETE|KAROO RUGBY NUUS - Dis seweswêreldbekerjaar en menige rugbyliefhebbers van oor die land heen lek reeds hul lippe af vir die vooruitsigte om dié wedstryde vanaf 9 tot 11 September regstreeks op eie bodem in die DHL-stadion in Kaapstad te aanskou.
Vanjaar is die agste keer wat dié toernooi aangebied word en dis ook die heel eerste keer wat dit in Suid-Afrika aangebied sal word.
Alhoewel die Blitsbokke, soos die nasionale sewesrugbyspan bekendstaan, al vier wêreldrugbysewestoernooie gewen het en ook spog met 'n bronsmedalje tydens die 2016 Olimpiese Spele in Rio de Janeiro, kon hulle nog nooit daarin slaag om 'n wêreldbeker te wen nie.
Tesame met Suid-Afrika se mansspan, sal ons vrouesewesspan ook in aksie wees.
Oudtshoorn Courant het by Cecil Afrika, een van die Blitsbokke se mees suksesvolle spelers, gaan luister wat Suid-Afrika se kanse vanjaar is om die wendroogte uiteindelik te breek.
Afrika het in 2020 uit internasionale sewesrugby uitgetree. Op die oomblik is hy 'n aktiewe speler wat in klein sewestoernooie in Amerika en Frankryk speel.
Kaartjies vir die seweswêreldrugbytoernooi is vanaf Maandag reeds op die Rugby World Cup Sevens South-Africa 2022-webwerf beskikbaar.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'