KNYSNA NEWS - All Blacks-rugbyklub het Knysna United die afgelope naweek by die Bridgton-sportgronde met 14-8 geklop. Dit was 'n taai wedstryd waartydens albei spanne goeie ondernemingsgees aan die einde van die dag gelê het. Na 'n klipharde eerste helfde was dit Knysna wat slegs met 3-0 voor geloop het.
Dit was uiteindelik die manne in swart wat koelklop op die verdediging gebly het om te verhoed dat Knysna met 'n wegoorwinning wegstap.
Vir All Blacks het Everton Manewil en PJ Sauls agter die pale gaan kuier. Roberto Botha was in die kol met twee doelskoppe.
Damon Gysman, voorsitter van All Blacks het na die wedstryd gesê dat hy dankbaar vir die oorwinning is, maar dat daar heelwat ruimte vir verbetering is.
"Ons is tot baie beter in staat en ons selfsugtigheid het ons amper die wedstryd gekos.
"Dan was daar ook hier en daar beslissings van die skeidsregter wat teen ons gegeaan het waarmee ons nie noodwendig saamstem nie, Maar dit daar gelaat, in hierdie wedstryd het ons beslis nie "bounce" van die ball aan ons kant gehad nie."
Enrico Saaiers, spanbe-stuurder van Knysna United, het op sy beurt gesê dat sy span se afronding hulle in die steek gelaat het en ook hulle die wedstryd gekos het.
Bradley Saptoe van Knysna laat loop met die bal.
"Ons het fantasties aangeval en daarvoor moet ek die manne prys. Maar ook bygesê All Blacks se verdediging was baie goed, som alle eer aan hulle," het Saaiers gesê.
Hierdie oorwinning bring mee dat All Blacks nou die tweede plek op die algehele punteleer van die SWD Super B-liga met 34 punte beklee. Knysna United is in die vyfde plek met 23 punte. Silver Stars van George beklee die topposisie met 47 punte.
Knysna se B-span het met 26-17 verloor.
Knysna se volgende wedstryd is 17 Augustus teen Collegians, ook in Oudtshoorn.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’