TUINROETE NUUS - Yolande de Villiers van Oudtshoorn en Theuns van der Bank van Kaapstad was verlede Saterdag, 5 Maart onderskeidelik die vroue- en manswenners van die gewilde Swartberg Xtreme MTB-wedren.
De Villiers was algeheel in die derde plek en was ook die wenner in die vroueafdeling in verlede jaar se eerste Swartberg Xtreme MTB.
Die Swartberg MTB beslaan 'n afstand van 171km met 'n helling van 4 850 meter, wat dit een van die mees uitdagendste bergfietswedrenne in Suid-Afrika maak.
Die roete neem die ryers vanaf Wilgewandel-vakansieplaas oor die Swartbergpas af in die Gamkaskloof en weer terug na Prins Albert tot by Scholtzkloof, waarna die ryers weer by Wilgewandel eindig.
Mansafdeling
1. Theuns van der Bank (08:53:01); 2. Paul-Dean Rorich (09:06:35); 3. Jowano Olckers (09:49:06)
Vroueafdeling
1. Yolande de Villiers (09:21:28)
Die eerste aflosspan oor die wenstreep was SG Laubscher/André Joubert van Somerset Wes met 'n tyd van 09:56:00. Groot dank gaan al die borge, verskaffers en individue. Die 2023 inskrywings sal binnekort open.
Yolande de Villiers
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'