Tydens die gala-aand in die George-burgersentrum is Louis Oosthuizen aangewys as die SWD se Sportman van die Jaar vir sy oorwinning in die Britse Meesters-toernooi terwyl sy medeklublid, die suksesvolle gholfspeler Lee-Ann Pace, hom dit nagedoen het. Sy is as Sportvrou van die Jaar gekroon.
As gevolg van buitelandse verpligtinge kon nie een van hier-die sterre die plegtigheid bywoon nie.
Om die kroon te span, word Riekus Nortjé, nog ‘n uitstekende gholfspeler, as die Junior Sportman van die Jaar aangewys vir sy twee oorwinnings vir die SA Amateur Gholfspan teen Skotland.
Die Junior Sportvrou van die Jaar was Chantel Swart wat in Oosterste gevegskuns uitgeblink het.
Volgens die keuringspaneel was die gehalte van nominasies besonder hoog vanjaar en geoordeel aan dit staan sport in die SWD sterk.
In sy toespraak het mnr. Thabu Tutu, waarnemende hoofdirekteur van sport vir die Wes-Kaap, wat ingestaan het vir ‘n siek dr. Danny Jordaan wat ter elfde ure moes onttrek, tereg die SWD se sportadministrateurs gelukgewens met die standaard van sport in die SWD.
"Dit kan ook net gebeur as die administrasie op ‘n gesonde vlak is," het hy gesê.
Hy het ook die departement van kultuursake en sport se ondersteu-ning aan die George-munisipaliteit beloof met die stryd om die IRB Sewestoernooi in George te hou. Raadslid Helen Loff, Eden-munisipaliteit se portefeuljevoorsitter vir sport, het die belang-rikheid van munisipale ondersteuning vir sportontwikkeling benadruk.
Marsha Lombard, SWD se eie finalis in die Supersterre Sangkompetisie, het die gaste met haar sangtalent vermaak.
Dit was ‘n nostalgiese oomblik toe baie van die oud- en huidige Springbokke en Proteas die verhoog vol gestaan het terwyl We’re the champions die saal gevul het.
Die ander kategoriewenners en toekennings was:
Junior Sportvrou van die Jaar: Chantel Swart (martial arts).
Mees Belowende Sportman: Frede-rich de Bruyn (dans).
Mees Belowende Sportvrou: Amore Slabbert (jukskei).
Sportvrou met Gestremdheid: Ellen Ngquwe (atletiek).
Sportman met Getremdheid: Jaco Nel (fietsry).
Administrateur van die Jaar: Corné Bence (fietsry).
Afrigter van die Jaar: Jacques Wolfaardt (atletiek).
Federasie van die Jaar: SWD Fiets-ry.
Span van die Jaar: SWD Netbal.
Media Uitnemendheid: Melissa Hills (Mosselbaai Advertiser).
Tegniese Uitnemendheid: Trevor Davis (rolbal).
Lifetime Achiever: Jannie le Grange (karate).
Gemeenskapsbouer: Meryl Daniels (krieket/netbal).
Riaan Loots Toekenning: Blanco Rugbyklub.
Plaaswerkersport: Joey Julies (rugby/netbal).
Uitnemendheid en Buitengewone Opgang: Uniondale Rugbyklub.
Inheemse Sportkode van die Jaar: Dibeke.
Die volgende sportpersone wat die afgelope jaar oorlede is, is ook met ‘n ererol vereer: Danie Brink (tennis), Marshall Jansen, Bryson Volkwyn en John Volkwyn (rugby en tennis), Magda van Lill, Frank Nel, Jan Eloff (fietsry), Sanet Wentzel, Marthinus Jenkins, Ernst Louw, Berti Rohrmach, Willy-James Ward (atletiek), Raymond Koert (krieket).
Legende-status is aan die volgende sportpersone toegeken: Harry Wesson (gholf), Annette Wesson (gholf), John Watters (rolbal), John Nortjé (rugby), Kobus Boshoff (jukskei), Donald Hough (bofbal), Klaas Jabobs (sokker), Pierre Lingervelder (gestremde sport) en Marie Wolmarans (netbal).
Vir verdere navrae in verband met die toekennings, skakel Dave van der Walt by 082 773 4901.
_jpg (Small).jpg)
Die vegter Chantel Swart, wat ‘n uitsteknde jaar ervaar het, is as die Junior Sportvrou van die Jaar aangewys.
Nog foto's hier: http://www.georgeherald.com/gallery.aspx?gpid=218&gid=6