SUID-KAAP NUUS - Die Eden-sportraad bied Vrydag, 11 Augustus, 'n sportindaba oor goeie bestuur by die Nelson Mandela Universiteit (George-kampus) aan.
Registrasie is van 17:30 en die aanbieding begin om 18:00. Die indaba sal om 20:30 afgesluit word en kan gratis bygewoon word.
Die indaba word in vennootskap met Millers Prokureurs (George), NMU (George-kampus) en die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport aangepak.
Die eerste deel handel oor die belangrikheid en rol van 'n grondwet as deel van die proses van goeie bestuur.
In die tweede deel is die geleentheidsaanbieder prof. Willie van der Westhuizen van Millers Prokureurs. Hy sal die belangrikheid van die King IV-verslag oor goeie korporatiewe bestuur - spesifiek in die sportomgewing - aanspreek.
Prof. Van der Westhuizen is goed bekend met die sportomgewing en hy het Suid-Afrika op die atletiekbaan verteenwoordig.
Vir enige navrae kontak Dave van der Walt (sportcouncil.eden@gmail.com of by 082 773 4901).
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo, Tuinroete, Hessequa nuus'