SPORT NUUS - Suid-Afrika se sokker- en netbalspanne speel dié naweek in internasionale wedstryde wat regstreeks op televisie uitgesaai word.
Daarby sal verskeie SA atlete na verwagting hul blink vertonings van die afgelope weke voortsit wanneer hulle in Brussel aan die laaste byeenkoms in vanjaar se Diamantligareeks meeding.
Baie sportkykers lek ook hul lippe af vir sprankeltennis en verrassende uitslae in die Amerikaanse Ope in New York.
Die regstreekse dekking van eersterangse rugby in vyf lande en die Italiaanse Grand Prix-motorwedrenne is van die ander uitsoeksport op dié naweek se lys.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'