EDEN SPORT NUUS - Eden-hengelassosiasie se agtste ligakompetisie vir die jaar het op Saterdag 30 Maart langs Stilbaai se kus plaasgevind.
Mosselbaai se Triton-hengelklub het dié kompetisie gewen. Die hengelaars het van 07:00 tot 15:00 lyne natgemaak.
Ruben Gouws van George-hengelklub se rogpylstert van 50.52kg was die grootste oneetbare vis, ingeweeg.
Die grootste eetbare vis is geland deur Chris Ferreira van Triton-klub. Dit was 'n kabeljou van 37.66kg. Gouws was die top hengelaar van die dag met 91.25 punte. Lena Cronjé van Stilbaai se 15.73 punte het haar die plek as top vrouehengelaar. van die dag besorg.
Die top o.16 prys het aan Michael Buchle van Knysna-hengelklub gegaan vir sy 25.35 punte. Luan Els van Triton was die top o.21-hengelaar. Hy is ook van Triton-hengelklub en 31.72 punte aangeteken.
Die top meester was Henry Mckay van Atlantic met 24.30 punte en die grootmeester was René Cronjé van Stilbaaiklub met 18.09 punte.
Die gelukkige trekking pryse was geskenk deur al die klubs in Eden en borge betrokke word bedank.
Punte van die klubs na die agtste liga is:
A-liga
Stilbaai: 968.51, Knynsa: 858.93 , Outeniqua: 851.31, Triton: 834.35, George: 773.69, Atlantic: 691.61, Mosselbaai: 279.39.
B-liga
Stilbaai: 595.19, Triton: 577.96, Knynsa: 566.00, George: 544.19, Outeniqua: 420.07, Atlantic: 336.82, Mosselbaai: 150.55.
C-liga
George: 264.93, Knynsa: 94.34, Outeniqua: 94.17, Triton: 81.47, Stilbaai: 80.01, Atlantic: 64.17.
Die volgende kompetisie vind plaas in Wildernis op Saterdag, 13 April.
Dehan Raal van Triton met 'n moreal-paling van 1.16kg.
Chris Ferreira van Triton met 'n 37kg kabeljou.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'