SPORT NUUS - As daar iemand is wat haar sit in 'n saal ken, is dit Lara le Roux (22) van die Uniondale-distrik. Sy het op 6 en 8 Oktober aan die Saic-uithourit 2022 (Suid Afrikaanse Internasionale kompetisie) te Sondela by Bela Bela deelgeneem.
Lara en haar reunperd, Koringkloof Enzahi het die 160 km- liggewigafeling algeheel met 'n tyd van 8:22min gewen. Die kwik het die dag tot 37.5°C gestyg.
Op 8 Oktober het sy op nog 'n reunperd van haar Welbech Jamal, die 120 km-liggewigafdeling ook algeheel gewen met 'n tyd van 5:15min.
Sy is geen onbekende in George en het in 2018 aan Hoërskool Outeniqua gematrikuleer. Op die oomblik studeer sy aan die Universiteit van Stellenbosch vir 'n BCom graad.
Haar pa, Meyer le Roux is hulle perde se afrigter.
Lara le Roux in aksie op een van haar perde.
Om in perdesport te presteer is nie vir haar vreemd nie. In 2016 het Lara ook die algehele eerste plek behaal met haar perd, Tsunami Rosy by Saic-2016. Sy was toe net 16 jaar oud. Sy het al twee keer die Fauresmith-uithourit van 202 km gewen.
Sy het haar Junior Springbok-kleure in 2015 verwerf en senior Springbok-kleure in 2019.
Haar ma, Petro het Dinsdag gesê het sy grootgeword op 'n plaas sowat 40 km van Uniondale. Haar broer Nico-Meyer is ook 'n bedrewe perderuiter en het ook al presteer in die sport. Die sport is 'n passie vir Lara.
Lara le Roux in aksie op een van haar perde.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'