KNYSNA SPORT NUUS - Sewe van Eden se sportlegendes, waaronder Terry Quirk van Knysna en Frederick Brooker van Sedgefield, is op Donderdag 13 Desember deur die Wes-Kaapse minister van sport Anroux Marais vereer vir hulle bydrae tot sport en ook hulle dienslewering aan hulle gemeenskappe.
Die geleentheid het by die Kronenburg Wine Estate naby Wellington plaasgevind.
Ses-en-twintig toekennings is aan sportlui vanoor die hele Wes-Kaap oorhandig en die legendes se "Class of 2018" is op die hande gedra en met 'n wonderlike funksie en geskenke bederf.
Die oudste legende wat vereer is, was Brooker van Sedgefield. Hy is 'n ronde 100 jaar oud! Brooker se sportlewe klink soos 'n sprokie en strek vanaf 1935 en oor verskeie lande.
Die Eden-legendes saam met Desmond Speelman, Dave van der Walt en provinsiale minister van sport Anroux Marais. Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'