KNYSNA NEWS - Jean Arendse, 'n gr.10-leerder en eerstespan-netbalspeler van Hoërskool Knysna, is onlangs gekies vir die o. 16 Oaks Wes-Kaap-netbalspan.
Sy is opgeneem in die span ná haar indrukwekkende vertoning tydens die proewe wat op 23 en 24 Mei in Oudtshoorn plaasgevind het.
Jean sal die Wes-Kaap van 29 Junie tot 2 Julie verteenwoordig by die nasionale All Ages-netbaltoernooi in Boksburg. In 'n onderhoud met die Knysna-Plett Herald, het sy haar opgewondenheid gedeel:
"Dit voel nog onwerklik, maar ek is ongelooflik dankbaar en opgewonde. Dit is my eerste keer dat ek vir hierdie span gekies is. Ek was amper in gr. 5 al deel van die span, maar toe het Covid-19 dit gekeer."
Sy beskryf netbal as haar "happy place". "Na 'n dag vol chaos is ek altyd reg om netbal te speel. Dit help my om te ontspan en ek glo dat almal so 'n uitlaatklep moet hê."
Oor haar toekoms sê Jean dat sy nog nie finale planne het nie, maar dat sy graag in die TNL-liga (Telkom Netball League) wil speel, sowel as vir die eerste span van haar toekomstige universiteit.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’