Gallery
KNYSNA NUUS - Die 43ste SA Tweekampkampioenskap is oor die Paasnaweek gehou en SWD se span het 'n handvol medaljes ingepalm.
Op 30 en 31 Maart, te Pretoria, het 537 atlete van 14 provinsies deelgeneem aan die kampioenskap, waartydens die SWD Tweekampspan van 66 atlete drie goue, twee silwer en een brons medalje verower het. Drie van hierdie medaljes is deur plaaslike atlete verower.
Die juniorspan is algeheel vierde geplaas, met WP wat Gauteng-Noord naelskraap geklop het om weer die kampioenspan te word. Boland was derde en SWD in die sesde plek.
Boonop wen die Kwaggas die hoërskole-kompetisie en word gekroon as die land se top tweekampskool. Ook Laerskool Knysna presteer puik en behaal die vierde plek in die laerskole-kompetisie.
Johan Windt (links) het silwer in die meestersafdeling losgeslaan.
Medaljeswenners
Matthew van Coller (plaaslik) wen goud, Gustav Schlechter (plaaslik) wen goud, Minke Janse van Rensburgwen goud, Ruben Gouwswen silwer, Johan Windtwen silwer, en Lara Schlechter(plaaslik) wen brons.
Die Kwagga-span, aangewys as top tweekamp hoërskool, se kapteine van links: Gustav Schlechter, Andre Kleynhans en Lara Schlechter.
• Tydens die algemene jaarvergadering (AJV) is ook die naamsverandering van SWD Tweekamp goedgekeur – van nou af sal dit bekend staan as Eden Tweekamp. Die SWD-voorsitter Stephnie Mckay is ook verkies as ‘n nasionale keurder. Die 2020 SA Kampioenskappe is ook aan Oudtshoorn toegeken.
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'