Allie se aanstelling word beskou as nóg 'n stap deur die SWD-sportraad, die Wes-Kaapse departement van sport en kultuur, die Oudtshoorn-munisipaliteit en die SANW om sport in die streek te bevorder. Die hoofkwartier van die sportakademie is op Oudtshoorn geleë.
Allie het haar graad in menslike bewegingstudies aan die NMMU ontvang en was reeds by verskeie projekte van DCAS in die Wes-Kaap betrokke. Sy het ervaring by DCAS se hoofkantoor in Kaapstad opgedoen en het op 20 Mei in die streekkantoor op Oudtshoorn begin werk.
Allie sal voortaan nou saamwerk met, Goliath Munro, voorsitter van die SWD-sportraad en die sportakademie se bestuurskomitee en met Abrie de Swardt, die akademie se interim-bestuurder en ook voorsitter van die SWD-sportafrigters.
Sy sal ook nou skakel met die Wes-Kaapse Sportakademie, onder voltydse bestuur van mnr. Wayne Weitz, en al die provinsiale sportfederasies wat by die sportakademie betrokke is.
Alliyah Allie (derde van links) is as die eerste voltydse administratiewe bestuurder van die SWD-sportraad aangestel. Sy is op Oudtshoorn aan lede van die sportraad bekend gestel. Van links: André Olivier, (SWD-watersport), Abrie de Swardt (Interim-bestuurder: SWD-sportakademie), Alliya Allie, Goliath Munro (voorsitter: SWD-sportraad), Zaghra Savahl (DCAS), Ian Laubscher (Oudtshoorn -mnisipaliteit) en Phelisile Cengani (DCAS). Foto: Jacques Swart
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete | Klein-Karoo nuus'