KNYSNA NUUS - Knysna padatlete het uitgeblink in die Wilgewandel-padwedloop verlede Saterdag, 27 Augustus.
Altesaam 151 deelnemers het die wedloop in perfekte weerstoestande voltooi. Die wedloop is vir die eerste keer deur die Iron-Jawed Multisportklub aangebied, in samewerking met Wilgewandel-vakansieplaas.
Ashrica Booysen van Knysna het die 10 km-wedloop in die vroueafdeling gewen met 'n tyd van 45 minute 52 sekondes, en Melikhaya Msizi van Knysna het 'n derde plek behaal in die 21,1 km-wedloop.
Drie ander atlete van Knysna het aan die 21,1 km-wedloop deelgeneem: Sidney Roos, Bridgette Fredericks en Samuel Xolilizwe.
Al vyf atlete is lede van Knysna Marathon Klub.
Die wenner van die 21,1 km-wedloop is Godwin Heyns in 'n tyd van 1:11:20 en die eerste vrou oor die lyn was Melissa van Rensburg in 'n tyd van 1:30:25.
Albei is verbonde aan Nedbank-atletiekklub in George. Lloyd Bosman van George het die 10 km-wedloop in 'n vinnige tyd van 32 minute 38 sekondes gewen.
Die borge van die dag is Pienaar Muller en sy span van Wilgewandel-vakansieplaas en Oudtshoorn Ford.
Sidney Roos
Melikhaya Msizi van Knysna het 'n derde plek behaal in die 21,1km-wedloop.
Samuel Xolilizwe
Bridgette Fredericks
-Saamgestel deur Sinead Hatting.
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'