ATLETIEK NUUS - Die Wilgewandel-padwedloop het Saterdag 27 Augustus plaasgevind, met 151 deelnemers wat die wedloop in perfekte weerstoestande voltooi het.
Die wedloop is vir die eerste keer deur die Iron-Jawed- multisportklub aangebied, in samewerking met Wilgewandel-vakansieplaas.
Die wenner van die 21,1 km-wedloop is Godwin Heyns in 'n tyd van 1:11:20 en die eerste vrou oor die lyn was Melissa van Rensburg in 'n tyd van 1:30:25. Albei atlete is verbonde aan Nedbank-atletiekklub, George.
Lloyd Bosman het die 10 km-wedloop in 'n vinnige tyd van 32 minute 38 sekondes gewen, Ashrica Booysen van Knysna het die 10 km-wedloop in die vroueafdeling gewen met 'n tyd van 45 minute 52 sekondes.
Die borge van die dag is Pienaar Muller en sy span van Wilgewandel-vakansieplaas en Oudtshoorn Ford.
Wenners van die 10km-wedloop.
Wenners van die 21 km-wedloop.
Samuel Windvogel
Saundria Visser. Foto's: Santie Hattingh
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'