Gallery
TUINROETE DISTRIK ATLETIEKNUUS - Ten spyte van streng Covid-19-regulasies het 'n verbasend groot getal atlete vir die Eden-driekampkampioenskap in Groot-Brakrivier opgedaag.
Afgesien van die klomp ervare atlete het heelwat juniors mekaar met groot geesdrif die stryd aangesê.
Fotogalery: Eden-Driekamp lok talle atlete
Die volledige podiumuitslae is soos volg:
Olimpiese standaard-afstand (1 500m-swem, 40km-fietsry en 10km-hardloop):
Mans
- Danie Cronjé (2,14,10);
- Grant Lindeque (2,20,34);
- Heinrich Muller (2,41,04)
Vroue
- Tina van Wyk (2,42,11);
- Lelane van der Merwe (2,50,58);
- Julia Miller (2,52,36)
Spankompetisie
- Cycle4Diabetes (2,04,51);
- Bayethe Team 1 (2,12,30);
- GTA3 (2,33,56)
Naelren (750m-swem, 20km-fietsry, 5km-hardloop):
Mans
- Christian Hattingh (1,04,03);
- Marsel Roos (1,07,09);
- Josua Vorster (1,10,58)
Vroue
- Jo-Mari Smith (1,19,59);
- Eileen de Jager (1,22,58);
- Sunet Liebenberg (1,24,03)
Spankompetisie
- Royals (1,04,48);
- Bayethe Team 3 (1,12,16);
- TKM (1,13,47)
Super naelren (400m-swem, 10km-fietsry, 2.5km-hardloop):
Mans/seuns
- Sebastiaan Swart (0,38,36);
- Hanno Maritz jr (0,40,34);
- Jan-Hendrik van Rooyen (0,41,18)
Vroue/meisies
- Lumé Gouws (0,38,32);
- Karli Lötter (0,43,55);
- Annabelle McEwan (0,48,24)
Spankompetisie
- Team Johan de Klerk (0,45,24);
- Lodewyks (0,45,57);
- Team SDJ (0,47,38)
Die span atlete wat Eden-driekamp op 20 en 21 Maart by die Suid Afrikaanse kampioenskappe gaan verteenwoordig, word binnekort bekend gemaak.
Vir 'n jong federasie het Eden-driekamp tot dusver uitstekend gevaar op nasionale vlak en reeds Suid-Afrikaanse kampioene soos Tina van Wyk, Franna Vorster en Christian Hattingh opgelewer. Met opkomende sterre soos Lumé Gouws en Josua Vorster lyk Eden-driekamp se toekoms blink.
Die volgende byeenkoms, die Eden-ope, word beplan vir 7 Maart. Almal is welkom om deel te kom neem - beginners, spanne en bergfietsryers ook.
Belangstellendes kan Eden-triathlon se Facebook-blad besoek vir meer inligting of vir Corné Hattingh kontak by 083 289 2544 of per e-pos by edentriathlon@gmail.com. Foto's: Charl Gerber
Suné Chadwick
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'